Nelson Adams  Afrikaans   English

Home  Inverter  Charger  Regulator  Amphour counter   Solar pump  Mppt    Wind-charger   Contact

WAAR MOET EK BEGIN

As mens die verskeidenheid sonstelsels bekyk wat deesdae te koop aangebied word, wonder jy hoe op aarde moet jy die beste stelsel vir jou omstandighede aankoop. 

As mens dan begin luister na die tientalle mislukte stelsels, agente wat kom en gaan, produkte wat van die mark verdwyn, elektroniese apparaat wat na ‘n jaar of twee nie meer herstel kan word nie, ontsettende duur stelsels wat omtrent geen besparing meebring nie, voel jy amper dis onmoontlik om reg te begin. 

Daar is egter ‘n paar goue reels wat vir absoluut alle gevalle geld. 

a)     Die belangrikste is sekerlik dat u as verbruiker in die stelsel moet ingroei.  Anders as met Eskom is dit nie ‘n geval van ‘n tjek uitskryf en die knoppie druk nie. 

b)     Eskom probeer nou alles in hul vermoe om mense te leer om krag te bespaar – effektiewe gebruik van energie.  Weens die geweldige koste van alternatiewe energie, moet u van die begin af energie effektiewe toestelle gebruik en bespaar net waar u kan. 

c)      Besparing deur minderwaardige produkte aan te koop is vals ekonomie en beteken eenvoudig dat u later duur gaan betaal om die foute reg te stel.  Dit help ook nie om byvoorbeeld ‘n goeie omsetter op swak battery te gebruik nie.  Die omsetter kan nie die batterye se foute toesmeer nie. 

d)     Die heel belangrikste is om te sorg dat u die regte inligting   kry met die beplanning van die stelsel.  Hoekom dit gebeur het, kan ek nie verklaar nie, maar die sonenergie bedryf is sekerlik die besigheid waar die meeste wolhaarstories versprei word. 

e)     Die eerste aankope is die belangrikste .  Die heel eerste belegging in alternatiewe energie moet wees ‘n battery laaier, goeie batterye van voldoende kapasiteit en ‘n outomatiese  sinusgolf omsetter. 

1.     BATTERY LAAIERS

 Om die batterye te laai vanaf die enjin  se 220 Volt.

Konstante spanning (volts), konstante stroom (amps) is die beste manier om batterye te laai.  Dit beteken dat die laaistroom sowel as die spanning elektronies beheer word sodat geen skade aan batterye gedoen kan word nie.  Tog word vinnig gelaai sodat die enjin nie onnodig lank hoef te loop nie.  ‘n Goeie batterylaaier bestaan uit meer as ‘n transformator en diodes soos sommiges wat vandag nog verkoop word.

 Die aanbevole laai tempo van buissel tipe batterye is 20% van kapasiteit.

  

2.  BATTERYE

 Dis die hart van die hele stelsel.  Swak batterye het al menige  sonstelsels laat misluk.

 Vir ‘n huishouding is 400 ampere uur die mees aanvaarbare  kapasiteit.

Vir groter stelsels gebruik 2 x 400 amp uur.  Die voordeel van glas batterye (poly propelene) is dat mens kan sien wanneer water kortkom en ook hoeveel afsaksel daar is.

 Ons het ‘n nuwe battery logger ontwerp waar u dadelik kan sien wat die toestand van elke individuele sel is.  Sien Nr. 5 hieronder.  Met hierdie logger word dit die moeite werd om tweedehandse batterye te oorweeg.  Mens kan dooie of swak selle onmiddelik uitken en vervang.

 

3.  OMSETTER

 Dit is nie die moeite werd om ‘n omsetter te koop wat nie al die werk van die enjin kan doen nie, behalwe waar op groot skaal water gepomp word.

 SINUSGOLF IS DIE OPLOSSING 

Ons nuwe 2.5 KVA sinusgolf is heeltemal voldoende vir meeste huishoudings.  Dit kan ys- en vrieskaste hanteer asook mikrogolf en groot gereedskap, maar nie alles op een slag nie.

 Met die 4 KVA kan 3 vrieskaste, swembadmotor, waterpomp en groot gereedskap bedryf word.  Vries- en yskaste is enige sonstelsel se grootste probleem.  Laat loop een na die ander  terwyl die son skyn.  Probeer so reel dat die krag wat van die sonpanele gelaai word, alles deur die kaste opgebruik word.  So kry mens die beste gebruik van die sonpanele se krag en spaar jy op die batterye se lewe.

 Belangrikste van alles : gebruik energie effektiewe kaste – hoe dikker die isolasie hoe beter.

 Probeer om nie meer as 10% van batterye se kapasiteit konstant uit te trek nie.  Bv. 450 amp uur kapasiteit : trek 50 amp maksimum.  Vir kort tye kan tot 50% getrek word bv. om motors aan te skakel.

Dis jammer dat vierkantgolf omsetters nog vervaardig word.  Met die moderne tegnologie van P.W.M. (pulse width modulation) is sinusgolf enige tyd net so effektief as vierkantgolf.  As elektriese motors aangedryf word, is die sinusgolf selfs meer effektief. 

Ons sinusgolf omsetters is reeds meer as 16 jaar in die veld en probleme bestaan nie meer nie.  Semi sinus, trapeze wave en modified sine ook maar vierkantgolf.  Meeste van die omsetters wat die groot winkelgroepe verkoop, is vierkantgolf. 

Met die jongste tegnologie waar Mosfets gebruik word in plaas van transistors, is die omsetters selfs meer effektief.  Ouer sinusgolf modelle kan oorgebou word teen redelike koste.   So byvoorveeld kom die geen vrag verbruik van die heel ou 6 KVA omsetters af van 8.5 na 1.7 amps op 36 Volt.

Hou in gedagte dat u 20 jaar diens behoort te kry uit u omsetter en sonpanele en minstens 10 jaar uit die batterye.  Hoekom nou iets koop anders as net die heel beste.  As die stelsel misluk, gaan u net uself te blameer he.

BEGIN SO 

‘n Sonkragstelsel sonder ‘n redelike enjin en 'n goeie batterylaaier is ‘n swak belegging.

  1. Gewone plaashuis met 3-5 Kw kragopwekker, een vrieskas, miskien yskas, strykyster en ander huistoestelle, klein gereedskap.  Vries- en yskaste moet kouebank tipe wees.

 

40 Amp 36 Volt Batterylaaier                            R  5 550,00 + BTW

210 Ampere uur Glas batterye (Willard)              R11 250,00 + BTW

2.5 KVA Sinusgolf Omsetter                              R  6 550,00 + BTW

 

  1. Groot huishouding met 5 Kw enjin en groter, met vrieskas, yskas, mikrogolf, lugreelaar, groot gereedskap, waterpomp.

 

80 Amp Batterylaaier Enkelfase                         R  6 550,00 + BTW

420 Ampere uur Glas batterye (Willard)              R18 950,00 + BTW

4.0 KVA Sinusgolf Omsetter                              R  7 550,00 + BTW

of       6.0 KVA Sinusgolf Omsetter                              R  8 950,00 + BTW

          120 Amp 3 Fase Batterylaaier                            R11 950,00 + BTW

          200 Amp 3 Fase Batterylaaier                            R15 650,00 + BTW  

 

4.  AMPERE UUR TELLER DC

Watter verskriklike frustasie om te probeer vasstel hoeveel krag is nog in die batterye oor.  Mens kan tog nie die ampere meters heeldag dophou nie.  

Hierdie uiters gesofistikeerde instrument tel elke ampere krag wat in die batterye gelaai word en trek af elke ampere wat u gebruik deur die omsetter of vir 36 volt ligte.

Die balans op die teller is wat nog in die batterye oor is.  En as die krag buitensporig kortkom, is dit tyd om u batterye te toets vir dooie selle of los konneksies.  Baie belangrik :  Mens moet 20% meer laai as wat jy uittrek.

Daarom gaan daar altyd ‘n “tekort” op die meter wys.  Kanselleer lesing elke week.

Dit lees ook volts en ampere in en uit die batterye m.a.w. u het nie ‘n voltmeter of ampere meter nodig vir die sonpanele, windlaaier of die omsetter nie.  Baie maklik om te installeer.  Dieselfde funksie is ingebou in die universele monitor – sien Nr. 7

12,24,36 of 48 Volt DC                                                        R 965,00 + BTW

 

5.  BATTERY LOGGER

 ‘n Dooie battery lyk presies soos ‘n nuwe een en slegs deur ingewikkelde toetse kan die verskil tussen ‘n dooie en ‘n pap battery bepaal  word.

Waar mens te doen het met ‘n reeks 2 volt selle wat in series gekoppel is om byvoorbeeld  24/36 volt te voorsien soos by alternatiewe  energie stelsels,  word die probleem veel ingewikkelder omdat elke sel eintlik ‘n battery op sy eie is.

Om hierdie probleem te oorbrug, is ‘n battery logger ontwerp wat presies aantoon wat die toestand van elke individuele sel in ‘n battery stelsel is.

Aangesien elke individuele sel getoets word, kan mens presies sien hoe elke sel reageer terwyl dit gelaai word of tydens ontlading.  Dit gebeur byna nooit dat ‘n stel batterye ingee nie – dis gewoonlik een of twee selle.  ‘n Swak sel kan onmiddelik uitgeken  en vervang word. 

Die logger hou rekord van 3,000 individuele lesings.  Gegewens kan oorgelaai word op ‘n rekenaar .  Lesings van volts van elke sel en wanneer  dit geneem is, sal verskyn en kan uitgedruk word.  U kan nou permanent rekord hou van al die selle se volts, soos dit elke dag op en af beweeg.  Selfs vir jare.

Stuur die drukstuk of e-pos  dit aan my vir gratis advies aangaande u batterye.  E-pos adres : nelson_adams@xsinet.co.za

Prys insluitende stiffy vir rekenaar program                  R 1 950,00 + BTW  

 

6.  UNIVERSELE BATTERY BESKERMER (Voltage Regulator)

 ‘n Battery kan net op twee maniere beskadig word :

1)     As dit oorlaai word vir lang tye.

2)     As ‘n afgeloopte battery lank staan sonder om te laai.

As ‘n battery eers pap geword het, laai onmiddelik weer om skade te voorkom.

Anders as meeste reguleerders, skakel hierdie reelaar nie die laaier (panele, windlaaier ens) af as die battery vol is nie.

Sou die volts by die gevaarpunt kom, word ‘n 36 volt vrag op die batterye gesit om van die ekstra laai ontslae te raak.  Die volts word konstant gehou op ‘n voorafbepaalde vlak.  (42.5 tot 45V vir 36V batterye).  Die maksimum volts kan verstel word volgens die batterye en laaiers.

Die reguleerder is so ontwerp dat die batterye nooit sal oorlaai nie.  Die moontlikheid van skade word dus beperk tot die minimum.  ‘n Skakelaar (Relay) om ‘n waterpomp of geyser aan te skakel voor die batterye vol is, is opsioneel.

12, 24, 36 of 48 Volt                                                 R 1 350,00 + BTW

N.B.

My omsetter skakel af voor die battery volts gevaarlik laag daal.As dit gebeur, begin so gou moontlik die batterye laai om permanente skade te voorkom .

Die sekerste manier om batterye gou te vernietig is om dit leeg te tap, bietjie te laai, weer leeg, bietjie laai.  Goeie batterye kan so binne maande vernietig word.

7.  UNIVERSELE MONITOR

 Volledige monitor van u hele kragstelsel.  Die volgende lesings word op een meter verskaf.

 1)     Enjin  (of Eskom ingeval van ‘n UPS)

a)     AC Volts

b)     Hz – siklusse. Dui aan spoed van enjin.

c)      Tyd geloop in totaal.

d)     Hoeveel keer aangeskakel.

e)     Duur van huidige loop.

 2)     Omsetter

a)     AC Volts

b)     Hz

c)      Tyd geloop in totaal.

d)     Hoeveel keer aangeskakel.

e)     Duur van huidige loop.

 

3)     Batterye

a)     Volts

b)     Amps wat nou laai of ontlaai (-)

c)      Tyd gelaai

d)     Tyd ontlaai

4)     Ampere uur teller.  Dieselfde funksie as die amp uur teller hierbo.     

5)     Maksimum.  Rekord word gehou van die maksimum lesings van sekere gegewens.

Ampere uur teller en maksimum lesings kan gekanselleer word.

Dit is uiters maklik om self te installeer – slegs drie drade en ‘n shunt om te koppel.

 

 

8.  SONPANELE

Moenie u enjin dadelik probeer vervang nie.  Gebruik dit eers om die batterye te laai.  U kan later sonpanele en/of ‘n windlaaier aankoop om dieselfde batterye te laai.  So loop die enjin al minder tot dit later net in noodgevalle gebruik word.

Sedert 1980 toe sonpanele op die mark verskyn het, het ‘n verskeidenheid panele gekom en gegaan.

Sommige ingevoerde panele kon nie die mas opkom  nie.

Die mees algemene swak punt van sonpanele is die feit dat die spanning (volts) afneem in ons geweldige hitte.  In Europa en Japan waar dit nooit werklik warm word nie, werk hulle heel goed.  Sonpanele werk op hul beste in ysige koue met helder son.  Met minder as 36 selle in ‘n 12 volt paneel, kan u seker wees die volts is te laag vir die warm dele.

9.  WINDLAAIERS

Sedert die koms van die ou 6 volt draadloos is windlaaiers in sekere streke bekend.  Die ou Windchargers, Windpower en Jacobs was die bekendste van  die 32/36 volt windlaaiers wat tot 1952 ingevoer is om batterye te laai vir ligte en 36 volt toestelle en gereedskap.

Honderde van die ou masjiene is vandag nog in uitstekeknde werkende toestand.  So byvoorbeeld het Kallie Theron van Richmond se drie ou windlaaiers genoeg krag  vir sy hele huishouding met alle geriewe voorsien asook vir sy gereedskap.  Sien Landbouweekblad 12/02/82 en 03/09/83.

Onder die Eskom bedrog stelsel het hy ook nou krag gekry.  2 Km verniet kraglyn.  R60,000 wat hy nie hoef terug te betaal nie – soos 70 000 ander kragpunte oor die hele land.  2000 Kwotasie : R65,000 per Km kraglyn.

Ons het reeds meer as 250 van die masjiene wat op plase werk.

Dieselfde masjien kan 12, 24, 36 of 48 volt laai d.m.v. ‘n klein verstelling.

Ons het oor en oor bewys dat waar ‘n 3 Kw windlaaier staan, loop ‘n enjin baie min.  Saam met 20-30 sonpanele verrig die 1 Kw ook wondere.

Teen ongeveer R45 000,00 + BTW is die 3 Kw ‘n goeie koop waar die wind redelik waai.

 

10.  DIE WATERPOMP REVOLUSIE

Vir die afgelope 200 jaar is die Windpomp aan ons bekend.

Die Egiptenare het blykbaar baie vroeer al die wind ingespan om water te verskuif en koring te maal.

Probleme met windstiltes, storms, slytasie bogronds, vretende water en die ewige optrek van geroeste pype het hierdie proses egter baie duur en taamlik ongewild gemaak.  Bowendien beteken ‘n windpomp baie werk.

SONPOMP

Daar is geruime tyd reeds sonpompe op die mark.  Ingevoer, sowel as plaaslik vervaardig.  Party het nie so lank gehou nie, ander is verskriklik duur.  Sommige werk met omsetters en batterye.

Die Shurflo 9300 is ‘n pomp uit VSA wat gebou is om jare lank te hou.  Aangesien dit ‘n DC motor is moet die borsels gereeld vervang word.  Om koste te beperk, werk dit direk van sonpanele af.  Verkieslik 24 volt maar 12 volt (een paneel) werk ook goed.

Prys van pomp alleen                                       R 3 950,00 + BTW

Dit is moontlik om ‘n boorgat toe te rus vir ongeveer R6 000,00.

Bv. op 15 meter lewer ‘n 40 watt paneel (R 1 350,00)  200 liter per uur –

genoeg vir 250 skape.  Sien Shurflo pamflet vir lewering op verskillende dieptes met een of twee panele.  (12 of 24 volt)

N.B.  Dis altyd beter om ‘n reguleerder te installeer saam met elke sonpomp

 

M.P.P.T.  SONPOMP REGULEERDER

MPPT = Maximum Power Point Tracker.  Word beheer deur ‘n mikro prosessor.

Hierdie reguleerder is oorspronklik deur my ontwerp vir die Shurflo dompelpomp, maar dit kan met enige DC motor gebruik word vir beste resultate.

Die reguleerder beskerm die pomp teen hoe spanning en kortsluiting.  Dit stop die pomp as die boorgat leeg is of as die dam vol is.

So verleng dit die pomp se lewensduur.

Die grootste voordeel is egter dat dit die meeste water lewer onder alle omstandighede.  Om die MPPT beste te verstaan, moet mens dit averagely met ‘n motor se ratkas.  Die mikro rekenaar kontroleer voortdurend die volts en amps van die sonpanele en die pomp.  Daar is meer as 200 “ratte” om van te kies.  Dit lewer tot 30 volt ongeag die inset spanning. 

Dit is dus moontlik om met een paneel op 24 volt te pomp.